Diamantvallei Landgoed
About the Host
Member since: 8 Jan. 2009
Enter your stay dates to view prices
Diamantvallei bied gasvrye akkommodasie in 'n rustige plaasatmosfeer met voëlgesang, pragtige uitsig en 'n woudbelewenis, net buite Pretoria - of dit vir 'n vinnige wegbreek, verblyf naby verskeie trou venues, of selfs besigheidsverblyf is.
Al die kamers is nuut oorgedoen in April/Mei 2021 met moderne en luukse fasiliteite, hoewel die statige, klassieke atmosfeer behou is. Bed en Ontbyt-akkommodasie is beskikbaar vir huweliksgaste (ook van troues by nabygeleë venues) of enige ander besoekers aan die area, wat graag naby aan die stad, maar tog nog in 'n landelike omgewing wil oorbly. Wifi en internettoegang is gratis beskikbaar vir aanlyn werk. (Kragopwekker en sonkrag word gebruik gedurende beurtkrag).
Diamantvallei is gesinsvriendelik - ekstra beddens is beskikbaar in elke kamer, volgens ouerdiskresie en daar is uitgebreide, veilige buite speelruimte. Die plaas beskik oor 'n natuurlike dam en vlei-area waar geswem en geroei kan word op eie risiko en met eie toerusting. Daar is ook geleentheid vir veldfietsry of bergstap en piekniekplekkies (geen formele geriewe word verskaf nie).
Die venue bied ook verskeie opsies vir troues, konferensies of konserte - groot of klein, binne of buite, knus gesellig of professioneel en glansryk.
In Room Facilities:Akkommodasie bestaan uit drie dubbelkamers, toegerus met 'n en-suite badkamer met verhitte handdoekreëling, 'n kaggel of verwarmer, asook koffie- en teemaakgeriewe. Sommige kamers beskik ook oor 'n mikrogolf en yskas - dui asb. aan met bespreking indien u dit benodig.
Diamantvallei wil vir jou 'n gesellige, asook luukse, verblyf bied.
Area Information:Dit is sentraal geleë tussen Pretoria-Oos, Johannesburg Internasionale lughawe (Kempton Park) en Cullinan met Witbank maklik bereikbaar.
Diamantvallei is veral bekend vir die jaarlikse KragDag selfstandigheidsekspo wat deur duisende mense bygewoon word.
Property Facilities:* Konferensies, konserte, troues en ander funksies
* Kragopwekker en sonkrag
* 'n Plaasbelewenis met beeste, skape, hoenders en perde in die veld
* Wandelroetes met 'n 180 grade uitsig na Pretoria, Johannesburg en Bronkhorstspruit
* Bergfietsroetes
* 'n Denne-, Bloekom- en Wattelwoud of langs die dam.
* Aanliggend tot Rhino Park vliegveld en die Legend MX veldfietsbaan.
* Kitty Hawk vlieginstruksieskool
* Willem Prinsloo landbou-museum
* Sammy Marks Victoriaanse villa
* Geleë in die Cullinan Diamantmyn toerisme omgewing met baie besienswaardighede en eet- en kuierplekke.
* Verskeie buitelugaktiwiteite in die omgewing, bv. Cullifest, Proteafees, Antieke markte, asook bergfietswedrenne, parkdraf-byeenkomste en ander buitelugsport geleenthede.
Extra Info
Property Type | Cottage, Guest House, Self Catering |
Conditions Show | |
Check-in after | 02:00 PM |
Check-out before | 10:00 AM |
Cancellation Policy | Flexible |
For more info |
Our Promise
Excellent & Prompt Service
Only Quality, Verified Listings
No Booking Fees. Save Money
All Bookings are Secure
Quick & Easy Payment Options




Extra Features
Instant Booking Confirmation
Best Price Guaranteed
About the Host
Member since: 8 Jan. 2009
About the Host
Member since: 8 Jan. 2009
Suggested Searches
South Africa accommodation, Gauteng accommodation, Rayton accommodation, Rayton Cottages, Rayton Guest Houses, Rayton Self Catering, Rayton Garden, Rayton Wardrobe or closet, Rayton Bath towels, Rayton Fishing, Rayton Patio, Rayton Horse Riding, Rayton Linen, Rayton Microwave, Rayton Covid-19 Certified, Rayton Swimming Pool, Rayton Health Spa, Rayton Spa facilities, Rayton Cleaning service, Rayton Kettle, Rayton Braai/BBQ Area, Rayton Toiletries, Rayton Parking on Premises, Rayton Kids Play Area, Rayton Hiking/Walking trails, Rayton Vegetarian, Rayton WiFi, Rayton Conference Facility, Rayton Fireplace, Rayton Dining Area, Rayton Fire extinguishers, Rayton 24hr Security, Rayton Bar fridge, Rayton Bathrooms, Rayton Beauty salon, Rayton Child friendly, Rayton Communal Braai Area, Rayton Communal Swimming Pool, Rayton Fan, Rayton Generator, Rayton Hairdryer, Rayton Heater, Rayton Restaurant, Rayton Serviced Daily, Rayton Smart TV, Rayton Solar Power, Rayton Tea and coffee facilities
Rayton Reviews
The town is small but offers peace of mind and its also easy to locate.